Wolvekrans Hengel

Wolvekrans Hengelklub is `n nie- winsgewende sosiale organisasie wat al in die 1980`s begin het. Dit is waar ons lede bymekaar kom as hengelaars en die daggie/naweek saam geniet. Ons het 11 kompetisies `n jaar en dan `n Kersfees kompetisie wat nie deel van die punte stelsel is nie.

Ons Jaar seisoen is van Junie tot einde Mei. Die einde van ons Hengel seisoen word daar `n prysuitdeling gehou, waarop die lede maand trofees`s en wissel trofees kry, daar word ook `n algemene klub kampioen gekies.

Wolvekrans Hengelklub bestaan uit `n komitee wat deur die lede verkies word, wat die klub aan die gang hou.